back to homepage                    This month’s free article (archive)                    Enter Site

Style, Etiquette, Beauty >>> next article >>>     

These articles are protected by copyright: Simon Rademan Fashion Design Studio CC  Media request for an interview 

The Style Bible is an easy to read style guide for women - by Simon Rademan - available in bookstoresStyle, Etiquette, Beauty – today – or 40 years ago?

I have been a fan of women magazines since I can remember.  Etiquette has fascinated me since “the beginning” and the real definition of beauty is yet to be discovered.  One of my favourite magazines “SARIE”  is celebrating 60 years in print this year (born 6 July 1949), and SARIE tydskrif voorblad - 7 December 1976since I have rediscovered some fantastic articles in (now historical) issues, they still educate!  It shows that although we now have television, the worldwide web, cellphones…. and much MUCH more…. Fashion changes, but very little about true style, beauty and etiquette have changed over the years.   Decide for yourself:   (Proudly quoted - in original Afrikaans)

Deur Leonie Le Roux – Sarie 19 Junie 1968

SARIE tydskrif voorblad - 13 Augustus 1969Hoekom is ek nie ook mooi nie? 

Soos Annette wat saam met my werk… of soos Elizabeth Taylor… of soos Prinses Grace van Monacco?  So het ons almal ook seker een of ander tyd gesit en mistroostig na ons eie beeld in die spieel gekyk.  Maar wat, al het ons nou nie goudblonde hare of viool-pers oë nie, kom ons ruk onsself reg en wees self mooi / op ons eie manier.  Skoonheid het baie maniere om onder die aandag te kom.  Vir die werklik gelukkiges is dit die skoonheid van hul glansende hare tot hul netjiese voete;  maar in die meeste gevalle is skoonheid te vinde in veral een opvallende kenmerk soos ‘n stralende glimlag, sielvolle oë of sjarmante maniere.

Bestudeer gerus enige bekende skoonheid en jy sal heel waarskynlik vind dat sy glad nie in elke opsig perfek is nie, maar dat sy geleer het om haarself mooi te maak deur haar goeie hoedanighede te beklemtoon en die minder goeies weg te steek.  Gelukkig is dit ‘n kuns wat ‘n mens tot groot hoogte kan aanleer en dit is veral die jong meisies, vir wie die lewe nog voorlȇ, wat van jongs af dit hulle taak moet maak om al die slim kunsies te leer. 

Maar kom ons bestudeer eers, inteenstelling met die mooi vrou, haar onaantreklike suster of, soos sy met die eerste slag altans voorkom.  Nou merk ons dat sy pragtige hare het – as sy hulle net skoon wil hou en in ‘n vleidiende kapsel wil laat knip.  Haar hande is nie van die mooiste nie, maar nou moet sy juis daardie helder naellak gebruik om die aandag op hulle te vestig.  So kan ons voortgaan – goeie eienskappe wat afgeskeep en swak eienskappe wat beklemtoon word pleks van opsigtelik gelaat te word. 

Die basiese skoonheidreel is tog maar altyd onberispelike persoonsversorging.  ‘n Netjiese vrou is al klaar ‘n mooier vrou.  Persoonsversorging verg tyd, maar dit is tyd goed bestee – ruim dus vir jou weekliks tyd in vir haarverwydering, manikuur, pedikuur, en haarwas.  As jou tyd baie beperk is, kies ‘n kapsel wat maklik en gou versorg kan word.  Niks laat ‘n mens so gou verwaarloos lyk soos onversorgde hare nie.  Gebruik ook ‘n natuurlike naellak kleur wat by jou lipstiffie pas, boonop lyk ligte kleure nie so sleg wanneer stukkies afgesplinter het nie. 

Bestudeer jou gelaatstrekke nou baie krities en besluit wat beklemtoon moet word.  As jy nie weet hoe om te grimeer sodat dit werklik ‘n verbetring is nie, raadpleeg ‘n skoonheidskundige.  Toets verskillende onderlae, lipstiffies en ooggrimering totdat jy tevrede is.  Met die loop van tyd sal jy besef dat skoonheid een werklike goeie gewoonte is wat uit ‘n hele klomp klein goeie gewoontetjies opgebou is. 

Sy is mooi – tot sy haar mond oopmaak

Hoe dikwels het mens dit tog nie al van ‘n ander vrou gedink nie?  Maar is jy seker dat dieselfde nie van jou gesȇ word nie?  As jou asem altyd vars is, jou tande gereeld nagesien en geborsel word, en jou stem aangenaam is, dan het jy wat dit betref geen kommer nie.  ‘n Verstandige dieet met baie vars groente en vrugte en gereelde oefening in die vars lug, sal help om jou asem vars te hou.  Gereelde sesmaandelikse besoeke aan jou tandarts is ‘n moet.  As jou tande jou groot stuikelblok is, sal jy selfs meer dikwels moet gaan en net tot jou voordeel, want as jy betyds gaan, kan ‘n tandarts baie doen om jou jou eie tande te laat behou. 

Die enigste manier om vas te stel of jou stem aangenaam vir ander klink, is om iemand reguit te vra om jou ‘n eerlike mening te gee.  Of maak ‘n bandopname van jou stem, speel dit terug, en besluit of jy graag na jou stem sou wou luister.  Die belangrikste vereiste is dat dit aangenaam moet klink om na te luister.  As jou stem te hoog, te laag, eentoning of te hard is, of jy spreek woorde slordig en halfingesluk uit, prober baie hard om die fout te verbeter en toets jou stem van tyd tot tyd.  As jy na ‘n rukkie geen verbetering merk nie, is dit die beste om ‘n paar spraaklesse te neem.  As jy weet jy praat mooi en reg voel jy sommer baie seker van jouself. 

Ja, sy het ‘n mooi gesig – maar haar postuur laat veel te wense oor

Ons het nie almal ‘n perfekte postuur nie, maar ons kan almal leer om dit wat ons het, te verbeter.  ‘n Daaglikse sarsie oefeninge is goed vir elkeen.  Is jy oorgewig, kies spesiale verslankingsoefeninge, of as jy net die magie bietjie uitbult, sorg jy dat jy ‘n oefening insluit wat die maagspiere versterk en die magie plattrek.

Net so belangrik soos die vorm van jou postuur, is die manier waarop jy dit dra.  ‘n Grasieuse stap speel ‘n belangrike rol by die indruk wat ‘n vrou maak.  ‘n Vrou wat haar voete sleep as sy stap, of met haar arms en bene sit asof sy wil wegvlieg, is haar eie vyand.  Sy wek dadelik ‘n traakmynie-agtige houding en mense is geneig om haar as slordig en oninteressant te beskou.  Om grasieus te stap, beteken ‘n gladde, ritmiese beweging van die heupe en voete af reguit vorentoe, arms los langs die sye en net ‘n effense waai van die heupe.  Netjies sit, beteken voete en bene teenmekaar met die voete effens na die een kant toe, of kruis jou bene bokant die knie en bring die enkels en voete bymekaar sodat albei voete vorentoe wys.  Onthou om die lengte van jou rok altyd in aanmerking te neem wanneer jy sit.  Ons huidige kort rok mode het al meer as een toeskouer verleë of sommer vererg laat wegkyk. 

Sy het mooi hande – maar sy verwaarloos hulle

Mooi hande is ‘n waardevolle skoonheidsbate.  Vra maar ‘n paar mans wat hulle die eerste aan ‘n vrou raaksien, en die kanse is goed dat minstens een sal antwoord haar hande.  Nogmaals kan ons darem nie almal mooi hande hȇ nie, maar ons kan almal ons hande versorg – en versorgde hande lyk soveel mooier.  Ons hande verdien gereelde skoonmaak, voedingsroom en versorging van die naels.  ‘n Paar ennvoudige oefeninge elke dag help om hulle soepel te hou.  Net om jou hande lossies vanaf die gewrigte te skud nadat jy hulle gewas het is reeds ‘n goeie gewoonte.  Nog ‘n maklike oefening is om jou vingers lossies deur die lug te laat beweeg asof jy op ‘n denkbeeldige klavier speel.  Hou die vel altyd glad, die naels netjies gevorm en gelak, en leer hoe aantreklik gevoelvolle hande kan wees.  Maar moenie na die ander uiterste gaan en steurende gebare maak nie -  dit kan ook baie onaantreklik wees en die indruk van rusteloosheid skep. 

Dit is baie moeilik om persoonlikheid te omskryf.  Die feit dat jy leef, dink, loop en beweeg, maak van jou ‘n persoonlikheid.  Maar of jou persoonlikheid vaal of sprankelend is, hang tot groot hoogte van jouself af.  ‘n Aangename persoonlikheid skyn deur en is op sig self ‘n vorm van skoonheid.  As jy maklik kan gesels, ‘n mooi houding het, selfversekerd is en die vermoë het om maklik met mense te meng, het jy geen problem nie.  Maar as ander altyd aan jou moet rem om jou iewers heen te laat gaan, of aan die gesels te kry, en as jy partytjies en die ontmoet van nuwe mense ‘n beproewing vind, moet jy weet dat jy ook nie baie stimulerend vir ander mense kan wees nie.  Maar jy kan sekerlik iets daaraan doen.  Begin dadelik doelbewus in ander mense belangstel, begin met ‘n stokperdjie, prober soveel moontlik daaromtrent te weet te kom en deel jou kennis met ander met dieselfde belangstellings. 

Word lid van jou plaaslike biblioteek en lees soveel jy kan, volg ook die nuus in koerante en oor die radio sodat jy weet wat om jou aangaan en saam kan gesels.  Dit is net die begin.  As jy eers aan die gang is, sal jy gou nuwe belangstellings kry, en altyd nuwe mense ontmoet met wie jy wil gesels. 

Sy is aanvallig – maar bederf dit met slegte gewoontes 

Om aan jou vingers en vingernaels te knibbel, met jou hare of oorkrabbetjies te speel, gesigte te trek, te veel gebare met jou hande te maak, of altyd te kou, is hinderlike rustelose gewoontes wat nooit aantreklik is nie.  As jy rook, sorg dat jou rookgewoontes netjies is en nie jou vroulikheid bederf nie. 

Sy is doodgewoon – maar skep die illusie van mooi wees

‘n Sjarmante glimlag en gelukkige uitdrukking in jou oë en oor jou gesig kan baie meer vir ‘n vrou se goeie voorkoms doen as enigiets anders.  Let maar op, ‘n doodgewone vrou kry iets spesiaals omtrent haar gesig as haar gesig deur ‘n glimlag verlig word wat na haar oë toe kruip – en almal om haar voel meteens ook gelukkig en ontvang van haar warm persoonlikheid.  Ons kan nie almal altyd gelukkig wees nie.  Maar ons kan onsself organiseer.  Kry jou voorkoms reg en wanneer jy eers mooier lyk sal jy sommer ook mooier en gelukkiger voel.  Onthou virseker dat, as jy huil, jy alleen huil, maar as jy lag, is daar gou klomp wat saam lag en dan vergeet jy dat jy eintlik mos wou huil. 

Congratulations to SARIE and all those who have contributed to their success over the 60 years of their existence. 

A word from Sarie editor, Michelle van Breda:

“Wat vir my interessant is, is dat dit van die begin ‘n tydskrif vir die meer progressiewe Afrikaanssprekende vrou was. Sy was die vrou wat gereis het, gelees het, in oorsese modes belang gestel het en geglo het sy het ook ‘n rol buite haar huis te speel ens. En dit is steeds SARIE se posisionering vandag: die moderme Afrikaanssprekende vrou wat deel van die nuwe SA wil wees en eerder deel van die oplossing as die probleem wil wees.

SARIE is meer as ‘n tydskrif: Dis ‘n hartsding!”  Back to top

Request and interview 

Back to top  

During a consultation, our aim is to show you the possibilities of looking your best!   Knowledge is power!   We shamelessly share information with you and enable you to experience the splendour of looking your best at all times!   Should you want this information at hand, at all times, we now have selected information available regarding the following: Wardrobe-planning, Figure analysis, The little black no., How Simon Rademan lost 35kg, and The Elements of Fashion.

Copyright: Simon Rademan Fashion Design Studio CC
Previous articles

Fashion has always been here.
It is yours…if you want it!

__________________________________________________________________

Back to THIS month's free article    /   Back to homepage   /   Appointment procedures   /   Order information   /   Contact us   /   Enter Site   /   Consultations    /   Costs   /   Blog   /   Wedding gowns    /   Free articles   /   Celebrities   /   Background   /   Magazines   /   SA's best and worst   /   Save money   /   Matric farewell   /   Our official Fashion page   /   Play intro

_________________________________________________________________________

Back to top

This month’s free article (archive)

Copyright © Simon Rademan Fashion Design Studio CC 93/15533/23